SA biltongjag

About us.
Facilities.
Overnight.
Trophy hunt.
SA biltongjag.
Things to do.
Gallery.
Bookings.
Map.

Inligting

1. Sandrivier, vrygestelde wildsplaas (3100ha), 10km van Musina, weerskante van die Sandrivier. Mooi natuur en baie wild. Loop-en-jag in verskillende veldtipes. Selfsorg verblyf in Mushashani Boskamp, met ‘n persoon wat oggende en middae opruim. 3x2 Bed lugversorgde rondawels + 6 Bed stoepkamer met dakwaaier. 2½ Badkamers. Toegeruste kombuis en lapa met braaigeriewe.

2. Waterkloof (1100ha) wildwerend omhein saam buurplaas. 6km van Sandrivier (Sien JAG 2014: Sandrivier). 18Km van Musina. Mooi natuur en baie wild. Selfsorg verblyf te Magorgor Safari Lodge bestaande uit 15 x 2 bed, lugversorgde kamers. ( 9 kamers met en-suite badkamers en 6 met wasbak en gesamentlike ablussie met aparte mans en vrouens. Beddegoed en badhandoek ingesluit. Sit en eet area met vol Dstv en goed toegeruste kombuis onder groot grasdak. Swembad en mooi braai-area. Persone wat voortdurend deur die dag opruim en skottelgoed was. Kind <4 jaar op eie kampbedjie/matrassie is gratis.

NEL3 en WATERKLOOF kan gelyktydig gejag word, ongeag waar u verkies om te bly, op voorwaarde dat dit tydens bespreking bevestig is.

BESKIKBARE WILD

Tariewe (B.T.W uitgesluit)

VERBLYF PER NAG
Jagters : P.O.A.
Nie-Jagters : P.O.A.
Kinders 4 - 12 (wat nie jag nie) : P.O.A.
Kinders onder 4 jaar: Gratis

Blesbok

Blou aap

Blouwildebees

Bobbejaan

Bosbok

Bosvark

Duiker

Eland

Gemsbok

Gewone Jakkals

Gewone Tarentaal & Patrys

Koedoe

Njala

Rooibok

Steenbok

Vlakvark

Zebra

LET WEL : GEEN ANDER SPESIES WORD TANS GEJAG NIE !!!

VOORWAARDES

(NB. Lees ook Jag en Verblyfvoorwaardes hieronder)

  1. Maks 6 jagters + 6 gidse op Neldrie en 3 jagters + 3 gidse op Waterkloof jag op ‘n slag. Niemand jag/skiet sonder ‘n gids nie.
  2. Minimum 3 nagte en 2 jagters + 2 nie-jagters of 3 jagters.
  3. Volprys vir gekweste wild is betaalbaar. Kwes behels enige aanduiding dat die dier getref is bv. bloed, hare, bene, sien, ens.
  4.  Trofee’s word vir prysbepaling waar van toepassing volgens Rowland Ward metode gemeet.
  5. Misskote per skoot @5% van bok se prys met min soos vooraf bepaal. Misskote sowel as kwesskote na manlike diere gevat op die hoogste prys.
  6. Slegs erkende jaggewere van .243 kaliber of 6mm en groter word toegelaat.
  7. Oplaai van wild met u eie voertuig of indien ‘n plaasvoertuig vir u moet oplaai geld dieselfde tariewe soos vir misskote.
  8. Landrover te huur / dag. (Petrol uitgesluit). Die persoon wat dit huur is ten volle verantwoordelik daarvoor.
  9. Gidse se werksure strek tussen 6:00 en 18:00 met ‘n rustyd van minstens 2 ure tussen in. Buite hierdie tye moet u self met hulle reëlings tref @R/h soos voraf bepaal. uitgesluit die fooitjie aan die einde van die jag.
  10. Toestemmings- en Magtigingsbrief (Sien onder) word aan elke jagter voorsien vir die jag en vervoer van wild.
  11. Permitte vir vervoer van vlakvarke en bosvarke moet self uitgeneem of vooraf met my gereël word. 3 Varke per jagter.
  12. Inboek vanaf 13:00 vir die eerste nag van bespreking en uitboek voor 10:00 op die dag van vertrek.

BESPREKING EN BETALINGS

  1. Navrae en besprekings kan Maandag tot Vrydag, 8:00 - 19:00 per sel of enige tyd per e-pos of faks gedoen word.
  2. 50% Deposito op verblyf betaalbaar binne 7 dae nadat bespreking gedoen is ten einde u bespreking te bevestig en te verseker.
  3. Bewys van deposito betaal, datums en aantal persone waarvoor bespreek is MOET per faks of e-pos gestuur word binne 7 dae.
  4. Indien kansellasies/verminderinge aan die tydperk en/of aantal persone voor 30 dae van die bespreekte datum gedoen word, sal 50% van die verandering terugbetaal word, daarna is geen deposito terugbetaalbaar of oordraagbaar na ander datums nie.
  5. In geval van vroeë vertrek/laat arrivering en/of minder persone sal u vir die volle oorspronklike bespreking gefaktureer word.
  6. Betaling na afloop van jag moet asseblief in kontant geskied. BTW faktuur kan op aanvraag verskaf word.
  7. In geval van wanbetaling sal die betrokke persoon verantwoordelik wees vir alle koste deur die eienaar aangegaan om die gelde te vorder plus rente @ 2% per maand van datum waarop verpligting ontstaan het tot en met datum van vereffening.
  1. NB. Tree altyd eties korrek op en respekteer die natuur en alle geskrewe sowel as ongeskrewe jagreëls.
  2. Alle vuurwapens moet ontlaai wees op voertuie, in die jagkamp en by die slagplek. Oop slot reël is die veiligste.
  3. Inskiet van gewere mag slegs plaasvind op die aangewysde skietbaan. Probeer asseblief die minimum skote afvuur. U geweer moet reeds ingestel wees voor u arriveer.
  4. Geen persoon met ‘n wapen mag op enige stadium sonder 'n gids en toestemmingsbrief met 'n voertuig of te voet in die veld beweeg of enige wapen afvuur nie.
  5. Geen nie-jagter mag met enige wapen van watter aard ook al in die veld beweeg of op sò manier in die veld beweeg dat dit moontlik mag inmeng met 'n jagter in die veld nie. Indien wel sal hy as jagter beskou word en dus vir die volle tydperk bespreek as 'n jagter betaal.
  6. Wanneer daar slegs rondgery word vir bv. ‘n skemerkelkie of wildbesigtiging moet wapens asseblief by die kamp in die kluis gelaat word.
  7. Ry stadig en rustig, slegs in bestaande paaie. Spoedgrens ongeveer 20 km/h.
  8. Ry met eie voertuie tot by punte soos vooraf ooreengekom in die groep en jag dan te voet in die aangewysde area. Jag vanaf voertuie m.a.w. soek of skiet van wild vanaf voertuie is ontoelaatbaar.
  9. Nagjag word onder geen omstandighede toegelaat nie.
  10. ‘n Persoon wat volgens die eienaar se mening onder die invloed van alkohol is sal nie toegelaat word om te jag nie.
  11. Moet asseblief geen drank op enige stadium aan die gidse gee nie. ‘n Koeldrank, as u wil, is meer as voldoende.
  12. NB. Daar mag slegs gejag word op spesies wat op die pryslys verskyn. Enige ander spesie wat gejag is, sal betaal word volgens die vorige jaar se veilingpryse x 2.
  13. Geen jag van wild en voëls binne 500m radius van die jagkamp of woonhuise word toegelaat nie. Geen jag van voëls of ander diere met windbukse, ketties ens. word toegelaat sonder vooraf toestemming van die eienaar persoonlik nie.
  14. Die gids dien slegs as hulp en ondersteuning in die veld. U moet dus basies steeds self jag en besluite neem.
  15. NB. Die onus berus op die jagter, nie op die gids nie, om seker te maak wat die spesie, geslag en grootte van die dier is waarna hy mik, voordat hy skiet. Geen korting op klein of foutiewe diere wat gejag is nie.
  16. Die gids moet na elke skoot voldoende geleentheid gebied word om rustig seker te gaan maak of die bok raakgeskiet is of nie.
  17. Moet nie nader storm na ‘n skoot geskiet is nie. Gee die wild ‘n paar minute kans om weg te beweeg voordat u stadig en stil nader gaan.
  18. Probeer om nie een trop diere voordurend te agtervolg nadat daar reeds op dit geskiet is nie.
  19. Geen voorlê en skiet van wild by suipings, voer/soutplekke en grensdrade of binne 500m daarvan nie.
  20. Geen aanry of bymekaarmaak van brandhout word toegelaat. Gebruik beskikbare brandhout asseblief oordeelkundig.
  21. Natuurlike artikels byvoorbeeld houtstompe, skulpe, voëleiers, kremetartvrugte, klippe, plante, skilpaaie ens. mag nie uit die veld verwyder of beskadig word nie.
  22. Geen rommelstrooiing (Ingesluit sigaret stompies) of enige ander derglike aksies wat die natuur kan benadeel word toegelaat nie.
  23. Moet asseblief nie uself help aan die groente of vrugte wat moontlik beskikbaar mag wees op die lande tydens u verblyf nie. Dit kan teen 'n billike prys by my persoonlik gekoop word.
  24. Enige navraag, dispuut, kwelling of onduidelikheid van enige aard wat mag ontstaan tydens u verblyf moet asseblief met my persoonlik opgeneem word en nie met die gidse nie. Ek is voortdurend op my selfoon beskikbaar.
  25. Enige gelde en/of fooitjies (“Tips”) wat u aan gidse wil betaal moet in my teenwoordigheid gedoen word op die dag van vertrek. Daar bestaan ‘n reeling met die gidse dat enige omkoopgeld i.v.m. kwes, diefstal ens. deur my verdubbel sal word vir die omkoper se rekening.
  26. Op die dag van vertrek mag die kamp nie verlaat word voordat dit deur my of die hoofgids geïnspekteer is nie. Enige skade deur u aangebring sal van u verhaal word teen nuwe vervangingswaarde, al word dit na u vertrek ontdek.
  27. Geen verantwoordelikheid vir beserings of verliese wat mag voorkom tydens u tydperk hier word deur die lede van Sandrivier Beleggings Bk., CHN Boerdery Bk, Magorgor Safari Lodge Bk., Old Rock Safaris of hulle werknemers aanvaar nie.
  28. Indien enige persoon hom skuldig maak aan die verbreking van enige reëls soos hierbo kan hy verbied word om verder te jag of om die plaas te verlaat afhangend van die tipe oortreding. Die persoon sal in alle gevalle verantwoordelik bly vir die betaling van die volle verblyf vir tydperk bespreek, wild gejag of gekwes en vir enige ander skade aangerig deur hom.
  29. Old Rock Safaris behou die reg voor om enige veranderinge sonder kennisgewing aan die reëls, voorwaardes, pryse en/of terme aan te bring op enige jagte nog nie geboek of deposito’s nie betaal nie.
  30. Reg van toegang word voorbehou.

KAMP EN JAGREËLS

NB! TOESTEMMING OM TE JAG EN MAGTIGING OM DIE VLEIS TE VERVOER en VRYWARINGSVORM hieronder moet deur alle toepaslike persone voor aanvang van die jag ingevul word. Wanneer u arriveer moet u die dokumente aan my oorhandig. Wildspesies en getalle suksesvol gejag sal op die dag van vertrek deur my ingevul word.
By voorbaat dankie vir u samewerking i.v.m. bo-genoemde reëls en voorwaardes.
Ek hoop en vertrou dat u ‘n aangename ervaring sal hê en die Bosveld sal geniet.

PRYSLYS: Skakel gerus vir volledige pryslys